
- Pretoria Remote
- Salary: R15 000.00 - R50 000.00 Per Month
- Job Type: Permanent
- Sectors: Human Resources Recruitment
- Reference: 122465
Vacancy Details
Employer: Ligpos (Pty) Ltd
LIGPOS WERWINGSBEAMPTE POSBESKRYWING
Hier volg die posbeskrywing sowel as die vereiste kennis en vermoëns van ’n persoon wat belangstel om ’n Werwingsbeampte van Ligpos te word.
Hier volg die posbeskrywing sowel as die vereiste kennis en vermoëns van ’n persoon wat belangstel om ’n Werwingsbeampte van Ligpos te word.
Ligpos is ’n geregistreerde werkverskaffingsdiens. Ons doelwit is om die beste moontlike arbeiders aan ons kliënte te verskaf, ten einde ’n een-stop arbeidsoplossing vir ons kliënte te bied. Ons neem dus werknemers in diens, ontleed hulle vermoëns en plaas die mees geskikste werkers uit in die mees geskikste poste wat by hulle pas.
2. WERWINGSBEAMPTE POSBESKRYWING
Die volledige opleiding van die werwingsbeampte sal stuksgewys hanteer word. Alle dokumentasie, programmatuur en operasionele prosedures sal aan die Werwingsbeampte bekend gemaak word.
Al wat Ligpos van ’n werwingsbeampte verwag is:
- Bereiking van teiken doelwitte met uitplasings
- Toegewydheid aan en prioritisering van Ligpos se werwing
- Daaglikse verslag van werksaamhede in weeksdae
- Aanvanklik eie rekenaar, WhatsApp en wi-fi
- ’n Vasvatter mentaliteit en selfdissipline
Die volgende is wat u in stappe geleer sal word:
Die werwingsbeampte het ten doel om eerstens kliënte te werf. Dit behels om kliënte te soek wat poste aanbied om gevul te word, of kliënte wat wil hê dat Ligpos hulle arbeid administrasie moet oorneem. Ons het reeds volledige werwingspakkette wat die Werwingsbeampte slegs vertroud mee sal moet raak. Sodra die kliënt gewerf is, tree die werwer daarna as die kliënt se skakelbeampte op. Die Werwingsbeampte bepaal wat die kliënt se besigheid is asook behoeftes aan arbeid of personeel in terme van hoeveelheid, vereistes, kwalifikasies, administratiewe behoeftes en tipe arbeid.
Met hierdie inligting wat die Werwingsbeampte by die kliënt gekry het, word advertensies gemaak, opgestel en die poste wat beskikbaar is, bemark ten einde kandidate vir die poste te werf. Die Werwingsbeampte het dan die plig om die aansoekers te sif en op ons sisteem verdere kandidate te werf. Die werwingsbeampte soek die beste aansoekers vir die pos uit, voer onderhoude met die bestes deur middel van Zoom of Google Meet of alternatiewe sisteem wat dit kan opneem. Daarna stuur die Werwingsbeampte die Kandidaat se onderhoud opname saam met die CV na die kliënt vir oorweging. Indien die kliënt 'n kandidaat gekies het om aan te stel of dat ons die kandidaat aanstel en aan die kliënt uitkontrakteer, het 'n suksesvolle uitplasing plaasgevind.
Suksesvolle uitplasing is die Werksprestasie waarteen 'n werwingsbeampte gemeet word.
3. BESOLDIGING EN WERKSPRESTASIE3.2. Werksprestasie word gemeet aan die aantal uitplasings wat die Werwingsbeampte op 'n maandelikse basis bewerk.
3.2.1. Alhoewel daar nie verlof, oortyd en werksure is nie, word daar van die Werwingsbeampte verwag om die werk as prioriteit te beskou, geredelik beskikbaar te wees in werksure vir kommunikasie en administrasie, asook om reëlings te tref indien hy nie beskikbaar gaan wees vir langer periodes nie.
4. VEREISTES EN NOODSAAKLIKE KENNIS VAN 'N WERWINGSBEAMPTE
Die persoon moet dit voltyds doen.
'n Kandidaat moet 'n persoon wees wat in geheel tot eer van God wil lewe in totale gehoorsaamheid. Die Woord van God moet die kandidaat se volkome maatstaf wees.
Enige persoon wat as Werwingsbeampte dien, word deurlopend getoets rakende kennis, vaardigheid en begrip van Ligpos produk. Die kennis wat Ligpos van ’n Werwingsbeampte verwag is onder andere, maar nie hiertoe beperk nie:
- Kliënte kontrakte.
- Werknemerskontrakte en betalingskale.
- Gedrag, Veiligheid en Gesondheidskodes.
- Hoe die werwings toepassing werk.
Hierdie dokumentasie en metodes sal in stappe aan die Werwingsbeampte verskaf word waarvolgens die Werwingsbeampte ook gereeld gemonitor en getoets sal word.
Al wat Ligpos verder van ’n Werwingsbeampte verwag, is om te wys dat die werwing vir u ’n prioriteit is en dat u alles daarin sit. Die enigste wyse hoe om aangestel te word, is om te bewys dat u die redelike teikens kan behaal en volhoubaar daaraan kan voldoen.
U moet onthou dat dit nie ’n maklike werk is nie, en dat dit nie vir almal uitgeknip is om dit te doen nie. U is baie welkom om te probeer en ons sal u soveel as moontlik help en bystaan – maar u moet van die begin af inklim met positiwiteit en vasberadenheid. As u dit nie ’n prioriteit ag nie en dit maar as ’n sekondêre stokperdjie of geldelike aanvulling beskou, gaan u dit nie maak nie.
Laastens - ons is 'n span in die koninkryk van God. Ons is 'n Christelike agentskap. Ons werk tot opbouing van die konikryk van God - elkeen moet daarom sorg dat sy lewe in ooreenstemming is met die Woord van God en die Heilige Gees. Ligpos het nie plek vir 'n Jona nie.
Ons hoor graag van u indien u. Indien u enige navrae het, Whatsapp ons by met ’n boodskap aan: 064 849 1686.
46 people have applied for this job. 1247 people have viewed this job.
Similar Jobs
Junior Accountant / Junior Financial Accountant
- Germiston
- Job Type: Permanent
- Posted 03 Mar 2025 | 17 Days left
Junior Accountant
- Roodepoort
- Job Type: Permanent
- Posted 25 Feb 2025 | 11 Days left
Junior Bookkeeper
- Centurion
- Job Type: Permanent
- Posted 12 Mar 2025 | 26 Days left
Junior Accountant
- Centurion
- Job Type: Permanent
- Posted 27 Mar 2025 | 10 Days left
More Jobs at Ligpos (Pty) Ltd
Gasvryheidstudies Onderwyser / Hospitality Studies Teacher
- Limpopo
- Job Type: Permanent
- Posted 30 Mar 2025 | 54 Days left
Verkoopsbeampte/ Sales Representative
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 04 Mar 2025 | 18 Days left
Security Guard
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 27 Feb 2025 | 20 Days left
Junior Veld Tegnikus
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 24 Feb 2025 | 10 Days left