- Northern Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Accounting Agriculture
- Reference: MOSR
Vacancy Details
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif & sitrus groep beskik oor ‘n beroepsgeleentheid vir ‘n dinamiese, energieke en stelsel-gerigte persoon om by hul suksesvolle bestuurspan aan te sluit.
SENIOR REKENMEESTER
(AUGRABIES OMGEWING)
Vereistes:
- Aansoeke van goed georganiseerde, presiese individue met bogemiddelde syfervaardigheid, ondersteun deur B.Com Rek graad in Finansiële rekeningkunde, of gelykwaardige kwalifikasie, met voltooide klerkskap, ondersteun deur minstens 5-10 jaar ondervinding in verkieslik die landbou of vervaardiging omgewing word ingewag.
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
- Tegniese analitiese vaardighede, met bogemiddelde rekenaarvaardighede in Xero en Excel.
- Die vermoë om beide onafhanklik en as deel van ‘n span te funksioneer.
- Kennis en ervaring van “Business Intelligence Tools” (BI) en SQL sal voordelig wees.
Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir:
- Die byhou van finansiële rekords en verslae, wat insluit maandelikse bestuurstate en verwante verslagdoening.
- Begroting en kontantvloei projeksies.
- Bankrekonsiliasies.
- Krediteure betalings.
- Statutêre opgawes.
- Byhou van bateregisters.
- Koste analises en bestuursrekenkundige funksies.
- Hantering, ondersteuning van finansiële oudits.
- Opstel van finansiële state.
- Algemene finansiële administrasie.
Daar word ʼn mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding
Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.
Stuur CV, met verwysing MOSR, voor 15 Februarie 2025 aan recruitment@ovdm.co.za
Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek
onsuksesvol was
88 people have viewed this job.
More Jobs at Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
PROJECT MANAGER
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 09 Jan 2025 | 14 Days left
WORKSHOP MANAGER
- Upington
- Job Type: Permanent
- Posted 08 Jan 2025 | 8 Days left
SENIOR PEKANNEUT PRODUKSIEBESTUURDER
- Upington
- Job Type: Permanent
- Posted 06 Jan 2025 | 7 Days left
GROEP: HOOF TAFELDRUIWE
- Northern Cape
- Job Type: Permanent
- Posted 03 Jan 2025 | 37 Days left