- Limpopo
- Salary: R24 863.00 Per Month
- Job Type: Permanent
- Sectors: Mining Management
- Reference: 109121
Vacancy Details
Employer: Ligpos (Pty) Ltd
ASSISTENT AANLEGBESTUURDER
Hierdie pos is ideaal vir 'n persoon wat tegniese vaardighede kombineer met bestuursvernuf, en wat ‘n passie het vir die bestuur van produksie in 'n professionele en veeleisende omgewing.Werksplek: Nylstroom, Waterberg Bosveld
Indiensneming: Permanent
Indiensnemingsdatum: So gou as moontlik
Basiese Salaris per maand: R24 863,04
Basiese salaris / uur: R128,16
Werksure per week: 45 ure, een naweek per maand af, met gereelde bystand
Posplasing: Werk op een perseel
Die Assistent Aanlegbestuurder sal verantwoordelik wees vir die dag-tot-dag bestuur van die produksie- en onderhoud aktiwiteite van die produksie-aanleg. Die doel van die pos is om as ondersteunende rol te dien aan die Aanlegbestuurder, te help met die bereiking van produksie doelwitte en om te verseker dat alle operasionele prosesse in ooreenstemming met wetlike vereistes en kwaliteitstandaarde verloop.
2) POSPLIGTE EN SLEUTELWERKSAAMHEDE:
- Produksie Oorsig: Verseker dat die aanleg se produksie teikens bereik en gehandhaaf word.
- Wetlike Voldoening: Verseker dat die aanleg aan alle toepaslike wetsvereistes, veral Beroepsgesondheid en Veiligheid (OHS), voldoen.
- Produkkennis: Verkry en onderhou uitgebreide kennis van alle produkte (Magnesium Oksied) en hul kwaliteit standaarde.
- Kwaliteitbestuurstelsel: Verseker dat prosesse voldoen aan die vereistes van QMS ISO9001:2015.
- Administrasie en Verkope: Hanteer administrasie, insluitend verkope- en voorraad bestuur, en vaslegging van relevante data.
- Kliënteverhoudinge: Bou en handhaaf sterk verhoudinge met kliënte, met spesifieke fokus op die vereistes van Magnesium Oksied.
- Logistiek en Vervoer: Bestuur logistieke en vervoerbeplanning om tydige aflewering aan kliënte te verseker.
- Instandhouding: Verseker dat kritiese onderdele beskikbaar is om stilstand in produksie te voorkom. Wees voorkomend en instinktief om probleme te voorkom eerder as om reg te maak. Indien daar wel iets fout is, om tegniese vaardigheid te beskik om enige tegniese of elektriese probleem met kundigheid te kan hanteer.
- Voorraadbestuur: Voorraad opname is die kern van die verkope en finansies. Die werknemer sal verwag word om daaglikse, behoorlike en akkurate voorraadopname te neem. Die kandidaat moet detail georiënteerd wees en nie foute maak nie. Die persoon moet ook rekenaar geletterd wees om die voorraad in die rekenaarstelsel in te voer.
Die Assistent Aanlegbestuurder is verantwoordelik vir die algehele werking van die aanleg, insluitend produksie, onderhoud, personeelbestuur en kliëntediens.
4) VERLOF EN ANDER VOORREGTE:- Jaarlikse Verlof: Een dag verlof vir elke 17 dae gewerk.
- Siekverlof: 30 dae oor ‘n siklus van 36 maande.
- Gesinsverlof: 3 dae per jaar na vier maande diens.
- Kraamverlof: 4 maande vir moeders, en kraamverlof soos uiteengesit in die kontrak vir vaders.
- 1 week indien minder as 6 maande gewerk.
- 2 weke indien meer as 6 maande maar minder as ‘n jaar gewerk.
- 4 weke indien langer as ‘n jaar gewerk.
- Meulenaar (Millwright) Kwalifikasie: Verkieslik 'n gekwalifiseerde meulenaar (millwright) met sterk rekenaarvaardighede (Excel, Pastel, Word).
- Elektrisiteit kennis: Hy moet kennis hê van elektrisiteit en basiese elektriese instandhouding om dit self te kan doen.
- Tegniese instandhouding: Hy moet die tegniese instandhouding kan behartig. Dit sluit in om die basiese tegniese vaardighede self oor te beskik soos sweis, skuurwerk (grinding), vlam sny, boor en watter tegniese vaardigheid ook al vereis word om die aanleg in stand te hou.
- VSD Stelsels: Kennis en ervaring met VSD (Variable Speed Drives) aandrywingstelsels is noodsaaklik.
- Kliëntediens: Uitstekende vermoë om met kliënte, logistieke en vervoerders te kommunikeer.
- Beroepsgesondheid en Veiligheid (OHS): Moet deeglike kennis hê van OHS-regulasies en hoe dit op die werksplek toegepas word.
- Menseverhoudinge & leierskap: Sterk interpersoonlike vaardighede om die produksiespan te motiveer en effektief te bestuur. Moet lei deur te doen en respek vir eie vaardigheid en kundigheid af te dwing.
- Perfeksionisties en detail georiënteerd: Die kandidaat moenie foute maak nie, veral nie met die voorraad opname nie.
- Instinktief en inisiatief aan die dag: Die kandidaat moet instinktief kan optree en inisiatief aan die dag kan lê. Die persoon moet kan sien waar probleme is en dit self kan oplos.
- Lojaal: Die kandidaat moet die belang van die maatskappy op die hart dra en die wins van die maatskappy bevorder.
- Vinnige bergrip & probleemoplossing: Hy moet vinnig die werk kan verstaan en weet wat van hom verwag word. Terselfdertyd moet hy in staat wees om nie net probleme voortydig te identifiseer nie, maar dit ook kreatief en effektief kan oplos.
- Fisiese vermoë: Die persoon moet oor die fisiese vermoë beskik om op en af te kan klim op stellasies en moeilike plekke.
- Vorige ervaring in ‘n soortgelyke rol, veral in die minerale sektor, is voordelig.
- Praktiese ondervinding met ISO-gebaseerde kwaliteitsbestuursisteme en produksieaanlegte.
- Probleemoplossingsvaardighede en die vermoë om inisiatief te neem om waarde toe te voeg tot die produksieproses.
6 people have applied for this job. 298 people have viewed this job.
More Jobs at Ligpos (Pty) Ltd
Junior Electrician / Elektrisiën
- Pretoria
- Job Type: Contract
- Posted 18 Nov 2024 | 58 Days left
Werwingsbeampte
- Pretoria
- Job Type: Permanent
- Posted 15 Oct 2024 | 23 Days left
Vragmotor drywer / Truck Driver
- Gauteng
- Job Type: Permanent
- Posted 15 Oct 2024 | 14 Days left