- Pretoria Remote
- Salary: R30 000.00 Per Month
- Job Type: Permanent
- Sectors: Human Resources Recruitment
- Reference: 109370
Vacancy Details
Employer: Ligpos (Pty) Ltd
LIGPOS WERWINGSBEAMPTE POSBESKRYWING
Hier volg die posbeskrywing sowel as die vereiste kennis en vermoëns van ’n persoon wat belangstel om ’n Werwingsbeampte van Ligpos te word.
Ligpos is ’n geregistreerde werkverskaffingsdiens. Ons doelwit is om die beste moontlike arbeiders aan ons kliënte te verskaf, ten einde ’n een-stop arbeidsoplossing vir ons kliënte te bied. Ons neem dus werknemers in diens, ontleed hulle vermoëns en plaas die mees geskikste werkers uit in die mees geskikste poste wat by hulle pas.
2. WERWINGSBEAMPTE POSBESKRYWING
Die volledige opleiding van die werwingsbeampte sal stuksgewys hanteer word binne die fases wat hierna beskryf sal word. Alle dokumentasie, programmatuur en operasionele prosedures sal aan die kandidaat Werwingsbeampte bekend gemaak word.
Al wat Ligpos van ’n werwingsbeampte verwag is:
- Bereiking van teiken doelwitte met uitplasings.
- Toegewydheid aan en prioritisering van Ligpos se werwing.
- Aanvanklik eie rekenaar, WhatsApp en wi-fi
- ’n Vasvatter mentaliteit en selfdissipline
Die volgende is wat u in fases geleer sal word:
Die werwingsbeampte het ten doel om eerstens kliënte te werf. Dit behels om kliënte te soek wat poste aanbied om gevul te word, of kliënte wat wil hê dat Ligpos hulle arbeid administrasie moet oorneem. Ons het reeds volledige werwingspakkette wat die Werwingsbeampte slegs vertroud mee sal moet raak. Sodra die kliënt gewerf is, tree die werwer daarna as die kliënt se skakelbeampte op. Die Werwingsbeampte bepaal wat die kliënt se besigheid is asook behoeftes aan arbeid in terme van hoeveelheid, vereistes, kwalifikasies, administratiewe behoeftes en tipe arbeid.
Met hierdie inligting wat die Werwingsbeampte by die kliënt gekry het, word advertensies gemaak, opgestel en die poste wat beskikbaar is, bemark ten einde kandidate vir die poste te werf. Die Werwingsbeampte het dan die plig om die aansoekers te sif en met die beste aansoekers vir die pos, ’n onderhoud te voer op Zoom en die Werknemer se CV te finaliseer en plasingsgereed te maak.
Die Werwingsbeampte plaas dan die Werknemer uit by die kliënt, welke as ’n uitplasing tel.
3. WERKSOMSTANDIGHEDE & VERGADERINGDaar bestaan drie fases van ’n Werwingsbeampte se indiensnemingsproses. Die doel van die fases is om die Werwingsbeampte se vermoë te toets as keuringsproses om te bepaal of u die werk kan doen. Daar is een toets: Behaal u die teiken doelwitte van uitplasings? Alhoewel dit ’n keuringsproses is, geskied dit van die begin af teen betaling. Die eerste twee fases is die keuringsfases waarna fase 3 die aanstellingsfase is as permanente werwingsbeampte. Hier volg die beskrywing van die drie fases:
- FASE 1: Eerste keuringsfase
Fase 1 is om te toets of die kandidaat in staat is om 10 uitplasings per maand te kan behartig.
Fase 1 is as onafhanklike kontrakteur waar die Werwingsbeampte R1000 per uitplasing ontvang. Die R1000 sal uitbetaal word as volg: R500 aan die einde van die maand waarin die uitplasing plaasgevind het en R500 aan die einde van die volgende maand, indien die werwingsbeampte steeds in diens is en die werknemer steeds by die kliënt werk. Die rede vir hierdie bedrag is omdat die werwingsbeampte nog in opleiding is en die personeel van Ligpos baie tyd in beslag moet neem om die Werwingsbeamptes te help om vertroud te raak met die operasionele prosedures. Die Werwingsbeampte werk in hierdie fase met eie toerusting, tyd, tempo in eie werksplek. Al waarna Ligpos kyk, is resultate en vergoeding daarvolgens bied.
Ná elke twee weke word daar na die vordering van die kandidaat gekyk. Die verwagte tempo wat die kandidaat in die 1ste Fase moet bereik, is: 5 uitplasings binne 2 weke. Die mikpunt waarna gewerk word in Fase 1, is: 10 uitplasings binne enige 4 aaneenlopende weke siklus wat gedoen is sonder enige hulp van Ligpos personeel. Sodra die kandidaat dit bereik het, gaan die Werwingskandidaat oor na Fase 2 in die daaropvolgende kalendermaand.
- FASE 2: Gevorderde keuringsfase
Fase 2 is om te bepaal of die kandidaat met die teiken van 10 uitplasings per maand kan volhou.
In Fase 2 verdien die Werwingsbeampte R10 000 per maand kommissie. Daar word egter van die Werwingsbeampte verwag om maandeliks vol te hou met die minimum van 10 uitplasings per maand. Enige getal per maand, meer as die 10 plasings, word dadelik na die volgende maand oorgedra. Indien die Werwingsbeampte binne enige 12 maande periode 120 uitplasings bereik het, gaan hy/sy die daaropvolgende maand oor na Fase 3.
Indien die Werwingsbeampte egter twee agtereenvolgende maande nie die minimum teiken van 10 uitplasings per maand behaal nie, val hy/sy weer terug na Fase 1.
- FASE 3: Permanente aanstelling
In fase 3 word die kandidaat as permanente Werwingsbeampte by Ligpos aangestel.
As permanente Werwingsbeampte werk die Werwingsbeampte teen ’n begin salaris van R30 000 per maand. Daar wag heelwat voordele en bonusse vir die Werwingsbeamptes wat hulle sout werd is.
Buiten die R30 000 per maand salaris kry die Werwingsbeampte ook R1000 bonus vir elke uitplasing meer as 120 uitplasings wat die Werwingsbeampte in die maand gedoen het.
In Fase 3 kan verwag word dat die Werwingsbeampte in Ligpos se kantoor kom werk met volledige toerusting en voordele wat deur Ligpos aan die Werwingsbeampte voorsien word.
4. VEREISTES EN NOODSAAKLIKE KENNIS VAN 'N WERWINGSBEAMPTE
Enige persoon wat as Werwingsbeampte aansoek wil doen, word deurlopend getoets rakende kennis, vaardigheid en begrip van Ligpos produk. Die kennis wat Ligpos van ’n Werwingsbeampte verwag is:
- Kliënte kontrak.
- Werknemerskontrakte en betalingskale.
- Veiligheid en Gesondheidskode.
- Hoe die werwings toepassing werk.
Hierdie dokumentasie en metodes sal in fases aan die aansoeker verskaf word waarvolgens die Werwingsbeampte ook gereeld gemonitor en getoets sal word.
Al wat Ligpos verder van ’n aansoeker verwag, is om te wys dat die werwing vir u ’n prioriteit is en dat u alles daarin sit. Die enigste wyse hoe om aangestel te word, is om te bewys dat u die neergelegde teikens kan behaal en volhoubaar daaraan kan voldoen. Die Kandidaat Werwingsbeampte het ’n twee jaar periode vandat u begin het om in enige 12 maande periode u 120 uitplasings te bereik. So gou as wat u dit bereik het, word u permanent aangestel.
U moet onthou dat dit nie ’n maklike werk is nie, en dat dit nie vir almal uitgeknip is om dit te doen nie. U is baie welkom om te probeer en ons sal u soveel as moontlik help en bystaan – maar u moet van die begin af inklim met positiwiteit en vasberadenheid. As u dit nie ’n prioriteit ag nie en dit maar as ’n sekondêre stokperdjie of geldelike aanvulling beskou, gaan u dit nie maak nie.
Ons hoor graag van u indien u. Indien u enige navrae het, Whatsapp ons by met ’n boodskap aan: 072 033 5553.
24 people have applied for this job. 968 people have viewed this job.
More Jobs at Ligpos (Pty) Ltd
Junior Electrician / Elektrisiën
- Pretoria
- Job Type: Contract
- Posted 18 Nov 2024 | 58 Days left
Assistent Aanlegbestuurder
- Limpopo
- Job Type: Permanent
- Posted 15 Oct 2024 | 11 Days left
Vragmotor drywer / Truck Driver
- Gauteng
- Job Type: Permanent
- Posted 15 Oct 2024 | 14 Days left