- Eastern Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Agriculture Management Soft Skills
- Benefits: Medical Aid Pension
- Reference: 2215769
Vacancy Details
Employer: Louterwater Landgoed
Louterwater Landgoed, geleë ongeveer 18 km vanaf Joubertina in die Langkloof, verbou en verpak kern- en steenvrugte in dié area. Die maatskappy beskik oor die volgende vakature.
Produksiebestuurder (Kernvrugte)
Langkloof – Oos-Kaap
Ons benodig die dienste van ’n bedrewe bestuurder op een van ons plase, Louterwater, wat naby Joubertina in die Langkloof geleë is. Die boerdery-aktiwiteite behels die verbouing van appels en pere op ongeveer 160 hektaar.
Die posbekleër sal aan die Hoofbestuurder verantwoordelik wees vir die doeltreffende bestuur en operasionele sukses van dié plaas. Die Produksiebestuurder se pligte behels: • Die bestuur van personeel aan die produksiekant • Verskeie aspekte van boerdery, naamlik snoei, kunsmis, spuite, besproeiing, oes, ens. • Implementering van etiese oudits/akkreditasies (BRC, SIZA, HACCP en GlobalGap) • Optimale benutting van verbouingspraktyke volgens moderne boerdery-aktiwiteite.
Goeie ondervinding in die verbouing van kernvrugte is ’n vereiste, terwyl ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie die aansoek sal versterk. Verder sal die suksesvolle kandidaat sal oor bogemiddelde kommunikasie- en bestuursvaardighede beskik, en gekenmerk word deur dryfkrag, selfstandige optrede en die vermoë om ondergeskiktes te motiveer en produktiwiteit te optimaliseer.
’n Mededingende vergoedingspakket, wat behuising en lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit, word aangebied.
Stuur ’n CV onverwyld na dian@dutoit.com Diensaanvaarding sal so gou doenlik, maar nie later as 1 November 2024 wees nie.
3 people have applied for this job. 244 people have viewed this job.