- Ceres
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Agriculture Management Soft Skills
- Reference: 2215692
Vacancy Details
Employer: Dutoit Agri
Daar bestaan ’n opwindende geleentheid op Vastrap, een van Dutoit Agri se landgoedere geleë in die Witzenbergvallei naby Ceres in die Wes-Kaap.
Produksiebestuurder: Vrugteverbouing
Ceres
Ons benodig die dienste van ’n bedrewe vrugtebestuurder om as lid van die dinamiese bestuurspan op Vastrap vir die uitvoering en bestuur van vrugteproduksie en gepaardgaande arbeid verantwoordelik te wees.
Die posbekleër sal aan die landgoedbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir: • Kontrole en toesig oor alle produksieaktiwiteite wat onder meer plant, besproeiing, bemesting en oesbeskerming insluit • Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid • Verwante administrasie.
Die suksesvolle kandidaat beskik oor: • Minstens 3 tot 5 jaar goeie ondervinding van die verbouing van kernvrugte op groot skaal • Bogemiddelde rekenaarvaardighede • Bogemiddelde kommunikasie- en bestuursvaardighede • Die vermoë om selfstandig en op eie inisiatief te funksioneer, ondergeskiktes te motiveer, en produktiwiteit en effektiwiteit te verbeter. ’n Nagraadse kwalifikasie sal ’n sterk aanbeveling wees.
Benewens aangename werkomstandighede bied ons ’n mededingende vergoedingspakket wat behuising en lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit.
Stuur ’n volledige CV so gou doenlik na recruitment@dutoit.com
Diensaanvaarding sal so gou moontlik, maar verkieslik nie later as 1 November 2024 wees nie.
2 people have applied for this job. 190 people have viewed this job.