- Vryburg
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Agriculture Management
- Reference: MHUB
Vacancy Details
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Ons kliënt, ʼn gevestigde maatskappy het die volgende geleentheid beskikbaar vir ʼn dinamiese en selfgedrewe individu met sterk entrepreneur eienskappe om eienaarskap te neem van totale boerdery onderneming:
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
VRYBURG OMGEWING, NOORD-WES
Vereistes:
- Naskoolse landbou kwalifikasie , ondersteun deur minstens 15 jaar ondervinding in uitgebreide boerdery onderneming, waarvan 5 jaar in senior uitvoerende rolle, met goeie kennis van finansiële en kommersiële funksies en goeie aanspreeklikheid.
- Uitgebreide ervaring en kennis in beesboerdery, Bonsmara stoetery, voerkraal voeding, siektebeheer, jaarlikse spuitprogram en veldbestuur.
- Uitstekende kommunikasievermoë met sterk mensebestuursvaardighede en die vermoë om spanne te bestuur en motiveer om doelwitte te bereik.
- Ervaring in koop en verkoop van beeste.
- Goeie rekenaarvaardighede.
Verantwoordelikhede sluit in:
- Identifiseer en dryf ambisieuse en volhoubare groei in ooreenstemming met die goedgekeurde strategiese langtermynplan en bied ʼn organisasie struktuur vir die implementering van die onderneming se algehele strategiese planne.
- Verseker die verslagdoening oor die vordering met finansiële en strategiese plan aan direksie.
- Hou toesig oor daaglikse bedrywighede van die onderneming deur sakelui binne elke departement te skakel en te begelei.
- Ontwikkel en instandhou van ʼn gesonde plan vir die organisasie.
- Daarstel van beleide om voldoende bestuursontwikkeling te verseker en voorsiening te maak vir bekwame bestuursopvolging.
- Bestuur die ontwikkeling en instelling van voldoende en billike personeelbeleide regdeur die organisasie, insluitend vergoedingsbeleide en werknemer voordeelplanne.
- Opstel van langtermyn strategiese plan om sodoende doeltreffendheid te verhoog vir kostebesparings, groei in inkomste en verhoogde winsgewendheid.
- Verder onwikkel en implementeer ʼn stelsel vir die opsporing en verslagdoening oor die vordering met die implementering van die strategiese plan.
- Rig die ontwikkeling en installering van prosedures en kontroles om te verseker dat besigheidsrisiko’s voldoende versag word, en om kommunikasie en voldoende informasievloei te bevorder en effektiewe bestuurskontroles van die maatskappy te verseker.
Om aansoek te doen stuur CV met verwysing MHUB voor 23 September 2024 aan recruitment@ovdm.co.za
2 people have applied for this job. 147 people have viewed this job.
More Jobs at Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
ELECTRICIAN
- Upington
- Job Type: Permanent
- Posted 11 Sep 2024 | 17 Hours left
STUDENTE
- Northern Cape
- Job Type: Temporary
- Posted 13 Aug 2024 | 23 Days left