- Western Cape
- Salary: Market Related
- Job Type: Permanent
- Sectors: Accounting Agriculture Finance
- Reference: 2214472
Vacancy Details
Employer: SSK
SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, met sy hoofkantoor in Swellendam, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by hul Avontuur (Langkloof) kantore.
KREDIETBESTUURDER/ LANDBOU EKONOOM
Die ideale kandidaat, wat direk aan die Senior Bestuurder: Krediet sal rapporteer, sal oor ‘n toepaslike landbou kwalifikasie, ten minste vyf jaar toepaslike ondervinding, asook omvattende kennis van die Nasionale Kredietwet beskik met ‘n diensgerigte ingesteldheid, goeie prioritisering- en beplanningsvernuf, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede asook rekenaarvaardig wees (SAP en Microsoft Office pakkette) met ‘n geldige kode B (Kode 8) bestuurslisensie.
Die posbekleër sal mede- verantwoordelik wees vir die kredietbestuur asook bou van gesonde verhoudinge met SSK se kliënte in die groter Overberg/ Tuinroete en Langkloof area, wat o.a. aansoeke om lidmaatskap en kredietfasiliteite, krediet evaluerings, konsultasie sessies, deurlopende skakeling met eksterne en interne rolspelers, risikobestuur, landbou ekonomiese ontledings en verslagdoening, asook algemene administrasie insluit.
Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan: Die Senior Bestuurder: Menslike Hulpbronne om ons te bereik nie later as Vrydag 20 September 2024. U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.
Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ‘n gelyke- geleentheid werkgewer.
1 person has applied for this job. 155 people have viewed this job.